Die Posbank sê sy sowat 6 miljoen kliënte se geld is veilig en hulle kan gerus wees dat die staatsbeheerde bank die nodige lisensie en wettige regulatoriese magtiging het vir al die dienste soos deposito’s vir individuele beleggings en uitreiking van bankkaarte wat hy tans lewer.